Armand Hofmeyr het sy TikTok-rekening terug

Deel hierdie storie / Share this story

Armand Hofmeyr het uiteindelik sy TikTok-rekening terug.

Hy verduidelik dat AI (kunsmatige intelligensie) geen dooie diere of wapens in plasings op TikTok toelaat nie.

Hofmeyr sê hulle was besig om meer inhoud op TikTok te plaas om die platform te vergroot en het ‘n jagvideo geplaas, aangesien dit jagseisoen is. Nodeloos om te sê, het hy sy hele TikTok-profiel in die proses verloor.