Paul Reubens, Pee-wee Herman-akteur, oorlede

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: DA gaan Malema by VN-menseregtehof verkla oor ‘Kill the Boer’

Paul Reubens, die akteur wat beroemd is as die karakter Pee-wee Herman in die Pee-wee Herman Show, is in die ouderdom van 70 oorlede.

Paul Reubens se agent het aangekondig die akteur het vir jare teen kanker geveg. Reubens het ‘n verklaring aan sy span agtergelaat om met die publiek na sy dood te deel.

In die verklaring vra hy om verskoning vir die feit dat hy niemand vertel het van wat hy die laaste ses jaar moes deurmaak nie en sê hy dat hy lief is vir sy vriende, ondersteuners en aanhangers. Hy het ook gesê hy het dit geniet om vir hulle kuns te maak.

Bronne: CNN, NBC News, NY Times, Instagram

Lees ook: DA gaan Malema by VN-menseregtehof verkla oor ‘Kill the Boer’