Niemand het gebel vir hulp na Senzo Meyiwa vermoor is nie, hoor hof

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: DA gaan Malema by VN-menseregtehof verkla oor ‘Kill the Boer’

Senzo Meyiwa, die bekende sokkerspeler is in 2014 in Vosloorus by sy meisie Kelly Khumalo se huis doodgeskiet in wat voorgehou is as ‘n rooftog wat verkeerd geloop het.

‘n Nuwe verhoor het drie weke gelede begin na die eerste regter van die saak verwyder is. In die nuwe verhoor het die selfoonontleder Lambertus Steyn gesê niemand in Meyiwa se vriendekring het vir hulp gebel die aand wat Senzo oorlede is nie. Niemand het die polisie of ambulans gebel nie.

Hy is gevra om die selfoonrekords van almal wat in die huis was, insluitend dié van Kelly Khumalo en Zandi Khumalo, te ontleed. Kelly Khumalo het voorheen getuig sy was te paniekerig om die polisie te bel.

Bronne: EWN, News24, eNCA

Lees ook: DA gaan Malema by VN-menseregtehof verkla oor ‘Kill the Boer’