Lees ook: Malema wat ‘Kill the boer’ sing die naweek ontstel Agri SA
Die leier van die DA, John Steenhuisen, het gesê die party is van plan om klagtes teen Julius Malema, die EFF en die ANC te lê by die Verenigde Nasies se Menseregtehof.
Dit volg na Malema Saterdag Kill the Boer, Kill the Farmer tydens die EFF se tiende bestaansjaarvierings gesing het.
Steenhuisen het ook gesê hy gaan die parlementêre etiese komitee nader en regsadvies kry om of hof toe te gaan of die openbare beskermer te nader.
Hy het ook gesê Malema is besig om ‘n burgeroorlog aan te wakker.
Bronne: eNCA, Jacaranda FM, News24, Twitter
Lees ook: Malema wat ‘Kill the boer’ sing die naweek ontstel Agri SA



