Die Tshepong-hospitaal in Klerksdorp is op soek na die familielede van ‘n onbekende oorledene.
Die man is op 25 Julie 2023 in die intensiewesorgeenheid van die hospitaal opgeneem.
Hy is volgens ‘n verklaring van die hospitaal omstreeks 19:00 die betrokke aand deur nooddienspersoneel op die R30-pad in Orkney gevind. Hy was in ‘n kritieke ktoestand en het nie klere aangehad nie.
Hy het tatoes op sy linkerarm en beide sy bene. Hy het ‘n maroen bagasiesak met ‘n toiletwaresakkie by hom gehad. ‘n Kleiner sakkie in sy besit het ‘n gebreekte selfoonskerm, ou foonbatterye en ‘n stuk toiletpapier bevat.
Indien enigiemand weet wie die oorledene en sy familie is, kan suster Mosete, die eenheidsbestuurder by die intensiewesorgeenheid, by 018 406 3349 gebel word.
Mnr. Thulane Madonsela, die CEO van die hospitaal, het medelye teenoor die oorledene se familie uitgespreek met die hoop om hul vinnig op te spoor.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



