Altesaam 13 persone is Maandagaand ernstig beseer toe ‘n bakkie op die N2 naby Paddock in KwaZulu-Natal gerol het.
Chantelle Botha van KwaZulu Private Ambulance Service sê hulle is na die toneel van die botsing en het gevind die bestuurder het beheer oor ‘n bakkie verloor, waarna dit gerol het.
Paramedici het bevind 13 passasiers het ernstige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel voordat hulle vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal vervoer is.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



