Vyf liggame in Riverlea ontdek

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in Parktown het Sondag reageer op ‘n skietvoorval wat in Riverlea, Johannesburg, plaasgevind het.

Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê die polisie het op vyf liggame met skietwonde afgekom.

Voorlopige ondersoek dui daarop dat twee groepe onwettige myners glo in die area op mekaar geskiet het wat tot die dood van die vyf mense gelei het.

Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand met inligting om na vore te kom.