Kêrel vas na moord op meisie

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man (30) is in hegtenis geneem na die liggaam van sy meisie, Mahlaku Malebo Rabalao, verbrand in ‘n motor in Midrand gevind is.

Kapt Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê die 30-jarige verdagte is Vrydag 28 Julie in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem na ‘n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik is.

Die polisie het op 7 Maart ‘n oproep ontvang oor ‘n brandende voertuig in Midrand. Met die polisie se aankoms op die toneel het hulle ‘n brandende Mercedes-Benz aangetref.

Nadat die vuur geblus is, is menslike oorskot voor in die motor gevind.

Die polisie het dadelik met ‘n ondersoek begin en die oorledene is geïdentifiseer.