‘n Man (39) is in hegtenis geneem vir sy vrou (35) se beweerde ontvoering en ernstige aanranding in die Mamitwa-woonbuurt op Saterdagaand 29 Julie 2023.
Kol. Malesela Ledwaba sê die egpaar is van die Nwajaheni-woonbuurt in die Letsitele-polisiëringsarea van Mopani-distrik in Limpopo.
Volgens die polisieverslag het die slagoffer en haar skoonsuster glo van ‘n funksie huis toe gestap.
Na bewering het die slagoffer se eggenoot glo teen ‘n hoë snelheid aangery gekom en probeer om haar te stamp, waarna hy haar aggressief beveel het om in die voertuig te klim. Hulle het daarna in die rigting van hul woning gery.
Die polisie is van die voorval ingelig en het na die egpaar gesoek. Die “verdagte” se voertuig is in die pad opgemerk, waarna hy deur die polisie voorgekeer is. Hy het glo gelieg oor waar sy vrou is en is daarna deur die polisie na die egpaar se woning geneem.
Tydens ‘n ondersoek by die huis het polisie die slagoffer se klere en bloedvlekke gevind. Terwyl die polisie met hul soektog besig was, het hulle berig ontvang van ‘n verbyganger wat die vrou naak en ernstig aangerand in bosse gevind het. Sy was by die polisiestasie.
Haar man is in hegtenis geneem.
Die verdagte sal na verwagting vandag in die Ritavi-landdroshof verskyn.
Lt.genl. Thembi Hadebe het sy aksies veroordeel, “We shall leave no stone unturned for those who see women as their punching bags, taking advantage of their vulnerability. This behaviour is inhumane and must stop immediately.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



