Liggaam van vermiste klimmer na byna vier dekades in Alpe gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Verdagtes in Nick Frischke-saak kan van moord aangekla word

Die liggaam van ‘n Duitse bergklimmer wat al byna 40 jaar vermis is, is vroeër die maand in smeltende op die Matterhorn in die Alpe gevind.

Die polisie het ‘n foto van die man se besittings gedeel – ‘n tou, grys lap en swart skoen met rooi veters – wat in die ys en sneeu gevind is.

Die polisie in Switserland het nie die man identifiseer nie, maar het gesê DNS-uitslae wys hy is ‘n Duitse klimmer (38) wat in September 1986 as vermis aangemeld is.

Die liggame van klimmers wat dekades gelede as vermis aangemeld is, word al meer gevind as gevolg van die gletsers wat weens klimaatsverandering smelt.

Bronne: IOL, Washington Post, Reuters, Live Science

Lees ook: Verdagtes in Nick Frischke-saak kan van moord aangekla word