Tinus Nel (26) van die Vrystaat het na bewering sy huis gedurende Januarie 2023 saam met sy meisie Wilamien (37) verlaat en nooit teruggekeer nie.
Sers. Josephine Rani sê Nel het ‘n spraakprobleem.
Hy het swart hare en bruin oë en was in ‘n blou denimbroek, rooi T-hemp, blou seilskoene en blou baadjie geklee.
Enigiemand met inligting oor waar hy hom bevind, kan met speurderkonst. Maartens by 016 9701053 of 079 544 2431 kontak maak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



