Die rooftog wat Donderdagaand in Spring Road in Tea Estate, Verulam KwaZulu-Natal in ‘n kerk plaasgevind het, is per lewendige stroming (live streaming) vasgevang.
Die diens van Emmanuel Community Church is deur persone in Suid-Afrika sowel as in Indië gevolg.
Aanvallers het kerklede aangehou voor hulle met waardevolle artikels in drie gebuite voertuie gevlug het.
Twee van die drie voertuie is gisteraand teruggevind.
Daar word nog na ‘n wit GWM Hover met registrasienommer NT 51979 gesoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



