Polisiekonstabel sterf aan diens tydens besigheidsroof

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Polisiekonstabel is vroeg Vrydagoggend doodgeskiet toe hy aan diens op die toneel van ‘n besigheidsroof in Kabokweni Mpumalanga was. Volgens die SAPD het die voorval omstreeks 01:00 plaasgevind.

Lede van die polisie by die Kabokweni-polisiestasie het reageer op ‘n oproep oor ‘n winkel in Edwaleni wat deur gewapende verdagtes geteiken is.

Met lede se aankoms op die toneel is skote op die polisie gevuur. ‘n Polisiekonstabel is tydens die skietery doodgeskiet. ‘n Verdagte (32) is ook ind ie spervuur dood.