Meer as 26 000 teken reeds petisie teen einde van 7de Laan

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Petisie om die gewilde sepie 7de Laan te red, het teen Vrydagaand reeds meer as 26 000 handtekeninge gehad.

Dit volg na die SABC aangekondig het dat die sepie, wat in April 2000 die eerste keer op televisie verskyn het, na 23 jaar nie meer sal voortgaan nie. Die laaste episode sal op 26 Desember 2023 op die kassie wees.

7de Laan is een van die langste Afrikaanse sepies in Suid-Afrika. Dit het van die mees lojale kykers en aanhangers in die hele land. Die SAUK het besluit om nie 7de Laan vir die volgende seisoen te hernu nie. Ons as die getroue kykers stem heeltemal nie saam met geen redes verskaf waarom 7de Laan nie vir nog ‘n seisoen hernu is nie. Die program het soveel mylpale bereik 23 jaar op die lug, 24 seisoene en selfs 5000 episodes,” lui die petisie.

“Dit is nie die eerste keer dat kykers sien hoe die sepie deur die SAUK aangeval word nie. Dit is nie net ‘n aanval op ons as lojale aanhangers en kykers nie, maar ook op die Afrikaanse gemeenskap. Hierdie sepie is bekend vir sy groot roadshow-veldtogte om met aanhangers en kykers te kommunikeer.”