Die polisie in Gqeberha Border het Donderdag nog ‘n bakkery in Sanctor toegemaak weens onhigiëniese toestande.
Volgens die polisie het die departement van omgewingsgesondheid ‘n wenk ontvang oor ‘n “vuil” en onhigiëniese” bakkery waar brood gebak word. Die bakkery is omstreeks 10:00 besoek en geïnspekteer.
Die bakkery se masjinerie en bakbestanddele is gekonfiskeer nadat vasgestel is dat die bakkery nie volgens regulasies gewerk het nie.
Hierdie is reeds die tweede bakkery wat binne ‘n week toegemaak is weens higiëniese en gesondheidsmaatreëls wat nie op standaard was nie.



