Kaptein van Jamaika-netbalspan beweer geld is uit beursie gesteel in SA

Deel hierdie storie / Share this story

Jhaniele Fowler, die kaptein van die Jamaikaanse netbalspan, beweer geld is uit haar beursie gesteel.

Sy sê iemand het toegang tot haar hotelkamer probeer kry sedert haar aankoms in Suid-Afrika. Die 34-jarige Fowler het dit op haar Instagram-storie bekend gemaak en het gesê dat “die plek (Suid-Afrika) nie veilig is nie.”

Sy het aan die Daily Mail gesê sy is gereed vir die toernooi, ondanks die slegte ervaring.

Netbalspanne van regoor die wêreld is tans in Kaapstad om aan die Wêreldbeker-netbaltoernooi, wat môre (28 Julie) amptelik begin, deel te neem. 

Volgens die toernooidirekteur, Priscilla Masisi, het die polisie intussen ‘n ondersoek na die beweerde voorval van misdaad van stapel gestuur.