Vals stemboodskap oor cholera in Kimberley

Deel hierdie storie / Share this story

Die Noord-Kaapse departement van gesondheid waarsku die publiek oor die vals stemboodskap wat die rondte doen op sosialemediaplatforms wat inwoners aanraai om nie kraanwater in Kimberley te gebruik nie weens ‘n vrees vir cholera.

“Ons kan bevestig dat die kraanwater veilig is vir verbruik en die boodskap wat sirkuleer vals is.”