Toeskouers word versoek om volgens die verkeersreëlings vir die dag te beplan.
Die Springbokke speel Saterdag 29 Julie 2023 teen Argentinië in die rugbykampioenskapwedstryde te Emirates Airline Park (Ellispark) in New Doornfontein in Johannesburg.
JMPD het ‘n verklaring vir verkeersadvies uitgereik oor strate wat geraak sal word.
Die strate sluit Saratogalaan, Joe Slovo-rylaan, Sivewrightlaan, Curreystraat, Beitstraat, Charlton Terrace, Betramweg, Van Beekstraat, Dorastraat, Erinstraat, Millerstraat en Voorhoutstraat in.
Paaie wat gesluit sal word en wel om middernag (00:00) voor die wedstryd plaasvind tot 22:00 na die wedstryd gespeel is, is Joe Slovo-rylaan en Curreystraat, Joe Slovo-rylaan en Beitstraat, Sivewrightlaan en Charlton Terrace, Sivewrightlaan en Beitstraat, Beitstraat en Dorastraat, Beitstraat en Erinstraat, Sivewrightlaan en Curreystraat, Sivewrightlaan en Suziestraat, Charlton Terrace en Van Beekstraat, Betramsweg en Erinstraat, Betramsweg en Millerstraat, Betramsweg en Voorthoutstraat, Voorthoutstraat en Dawe/4de Straat, Millerstraat en 4de Straat, Millerstraat en Upper Railwaystraat, asook South Park Laan en 5de Straat.
Toeskouers sal by Johannesburg-stadion, Ellis Park-arena, Ellispark-parkade, Johannesburg-kollege, Rea Vaya-busparkering en Voorhoustraat kan parkeer.
JMPD sal deurentyd teenwoordig wees om veiligheid van alle padgebruikers te verseker en seker te maak dat verkeersvloei rondom die stadion se area tydens en na die wedstryd nie problematies is nie.
#JHBTraffic#JoburgRoadSafety
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



