‘n Skokkende video doen op sosiale media die rondte van ‘n liggaam van vermoedelik ‘n man wat aan ‘n elektriese paal langs ‘n kragboks hang.
Luidens boodskappe wat saam met die video versprei word, het die voorval in Leratopark, Roodepan, Kimberley plaasgevind nadat die man glo probeer het om kragkabels te steel en deur beurtkrag onkant gevang is.
Sers. Timothy Sam, polisiewoordvoerder, het egter die voorval ontken.
“Die polisie is nie bewus van ‘n voorval wat aangemeld is nie en wil die publiek aanraai om nie onnodige paniek te versprei met vals inligting nie,” sê hy.



