Lauren Dickason – patoloog getuig oor misdaadtoneel

Deel hierdie storie / Share this story

Dr. Martin Sage, die forensiese patoloog wat die nadoodse ondersoeke op die drie Dickason-kinders uitgevoer het, het oor die hartseer misdaadtoneel in Timaru in die hof in Christchurch getuig. Dickason het haar gesig met haar hande bedek ten aanhore van die grafiese getuienis.

Hy het verduidelik hoe hy laat die aand na die toneel ontbied is. Met sy aankoms om 01:00 was die kinders se liggame steeds teenwoordig. Die drie kinders het in of op beddens in die tweeling se slaapkamer gelê en was in hul nagklere en warm sokkies geklee.

Daar is ook getuig dat die kinders se liggame nie fisiese trauma of vorige fisiese trauma gehad het nie.

Polisielede het ‘n erewag gevorm toe ‘n lykswa met die liggame van die meisies stadig uit die oprit gery het.

Die patoloog se getuienis sal voortgaan, saam met nog 30 getuies wat vyf deskundiges insluit.

Bronne: NZ Herald, 1News en Newshub

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel