Help jong vrou (18) van Carolina opspoor

Deel hierdie storie / Share this story

Michelle Fourie (18) is sedert 11:00 op 20 Julie 2023 van haar huis op Carolina, Mpumalanga, vermis.

Pink Ladies sê sy is weerloos, aangesien sy aan epilepsie ly en nie haar medikasie by haar het nie.

Sy het glo die huis verlaat om na Standerton te gaan en daar is nog niks sedertdien van haar gesien of gehoor nie.

Fourie is slank, weeg 60 kg en is 1.6 m lank. Haar rooi hare is in ‘n mediumlengte bob-styl en sy het blou oë. Die laaste keer wat sy gesien is, was sy in ‘n maroenkleurige broek en bostuk met ‘n neonpienk sweetpakbaadjie en wit pumps geklee.

Uitkenbare merke is ‘n litteken van ‘n keisersnit op haar maag.

Enigiemand wat weet waar sy haar bevind, kan met die volgende persone in verbinding tree:

Konst. Sithole of Carolina SAPD by 017 843 2107 of 082 798 0448 of 08600 10111

Pink Ladies-organisasie by 072 214 7439 of 083 378 4882

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel