‘n Vrou is Sondag 23 Julie 2023 tydens ‘n aanval op ‘n besigheid op ‘n plaas te Dalton, KwaZulu-Natal beseer toe sy met kookwater gebrand is.
Konst. Thenjiswa Ngcobo sê Dalton-polisie ondersoek ‘n saak van gewapende roof.
Na bewering het vyf gewapende mans ‘n besigheidsperseel binnegegaan en een van die werkers met ‘n vuurwapen aangehou en geld geëis. Die verdagtes het met ‘n onbekende bedrag geld van die toneel gevlug.
Ngcobo sê verslae dui daarop dat die eienaar van die besigheid deur die verdagtes aangerand was en vir mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem moes word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



