‘n Gesin van Amoutana in KwaZulu-Natal se troeteldier, ‘n pitbull, is Dinsdag 25 Julie 2023 te Fana Khumalastraat raakgeskiet.
Reaction Unit South Africa sê hulle het oproepe om hulp van ‘n inwoner ontvang, waarna hulle omstreeks 20:49 na die toneel is. Met aankoms is hulle meegedeel dat onbekende mans op die huis geskiet het. Die man het gevlug toe nooddienste opdaag.
Die familie se troetelhond, ‘n pitbull wat in die erf was tydens die skietery, is naby sy regteroog raakgeskiet en reaksieoffissiere het vir hulp van ‘n veearts gewag om die dier medies te versorg.
Verskeie 9 mm-doppies is op die toneel gevind. Die motief vir die skietery is onbekend.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



