G4S-voertuig in transitorooftog opgeblaas

Deel hierdie storie / Share this story

Lede van Reaction Unit South Africa (Rusa) was Woensdagaand op die toneel van ‘n transitorooftog in KwaMashu in KZN.

Rusa-kantore is Woensdag oorval met oproepe na die insittendes van vier motors glo met hoëkalibervuurwapens op ‘n G4S-voertuig begin skiet het. Die voorval het naby die Bridge City Mall in KwaMashu plaasgevind.

Sommige van die persone wat gebel het om die saak aan te meld, het gesê hulle het ontploffings gehoor.

Rusa-lede en polisielede is ontbied en het met hulle aankoms op die toneel op plofstof afgekom wat gebruik is om die G4S-voertuig op te blaas.

Die verdagtes het ontsnap voor beamptes op die toneel opgedaag het.