Drie beskuldigdes, Sabelo Mncube (42), Mzomuhle Lawrence Gamede (38) en Phakamani Mlungisi Mpanza (33), het Dinsdag in die Pinetown-landdroshof verskyn op aanklagte van die moord op ‘n metropolisiebeampte.
Superintendent Errol Ogle (52) is op 20 Julie vanjaar deur onbekende gewapendes op die M7 doodgeskiet. Hy het glo probeer om ‘n aankomende vragmotor te keer. Hy is ook van sy dienspistool beroof voor verdagtes in sy polisiemotor weggery het. Die motor is later verlate in Pinetown gevind.
Die verdagtes is binne 72 uur na die voorval in hegtenis geneem
Hulle word deur aanklagte van moord, gewapende roof, kaping en ontvoering in die gesig gestaar.
Die saak is tot 1 September uitgestel en die beskuldigdes bly in aanhouding.



