Vier persone is vanoggend dood en nog ses beseer in ‘n skietinsident in Ryderstraat in Port Shepstone, KwaZulu-Natal.
Craig Botha van KwaZulu Private Ambulance Services sê hulle het berig van ‘n skietery ontvang.
Met aankoms op die toneel is vier noodlottig gewonde persone aangetref. Niks kon vir hulle gedoen word nie.
Verskeie ander persone is in die skietery beseer.
Paramedici het gevind een beseerde is kritiek, terwyl drie ernstig en twee ander geringe beserings gehad het.
Hulle is op die toneel behandel en daarna vir verdere mediese sorg na ‘n hospitaal geneem.
Omstandighede van die skietery naby die taxistaanplek is onbekend, maar word deur die polisie ondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



