Minstens 70 beseer toe busse bots

Deel hierdie storie / Share this story

Minstens 70 persone is beseer toe twee busse vanoggend, net voor 07:00, reg voor die Universiteit van Johannesburg in Kingswaylaan in Auckland Park, Johannesburg gebots het.

Volgens ‘n verklaring van die UJ het die ongeluk reg voor die APK-kampus plaasgevind. Een van die busse het studente vervoer.

Volgens Arrive Alive se plasings op sosiale media was ER24 en verskeie ander nooddienste op die toneel. Een bus het op sy kant gelê terwyl die ander bus ‘n entjie verder weg tot stilstand gekom het.

Plaaslike owerhede het verkeer reguleer terwyl paramedici na die beseerdes omgesien het.

Daar was nie noodlottige beserings nie, maar ongeveer 70 passasiers het van ligte tot ernstige beserings opgedoen.

Hulle is op die toneel behandel en diegene met ernstige beserings is van gevorderde lewensondersteuning voorsien voordat hulle na verskeie hospitale vervoer is.

Omstandighede wat tot die ongeluk gelei het, word deur plaaslike owerhede, wat op die toneel was, ondersoek.

Die UJ se verklaring kan hier onder gelees word. Dit word bevestig dat studente medies sowel as deur berading ondersteun word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel