Video: Pa slaan voorruit stukkend om kind te red

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Video van ‘n voorval waartydens ‘n pa van Texas in Amerika die voorruit van sy motor stukkend slaan om sy kind uit die motor te red na hy die sleutel in die motor toegesluit het, word wyd op sosiale media versprei.

In die video, wat deur ‘n omstander geneem is, kan gesien word hoe die toneel in ‘n parkeerarea van ‘n winkel in Texas ontvou.

FOX News berig die omstander wat die video geneem het, het gesê ‘n vrou het ook deur die stukkende voorruit geklim om by die baba uit te kom.

Dit is nie duidelik hoe lank die baba in die motor was voor hy gered is nie.

Dit was meer as 38 grade C daardie dag en volgens die National Highway Traffic Administration neem dit maar 10 minute vir ‘n motor om 10 grade warmer te word.