Kyle Andrew Matthews (32) is sedert 23 Julie 2023 om ongeveer 09:00 te Dan Pienaarstraat, Stellenbosch, Wes-Kaap, vermis.
Matthews is lank en skraal en is 1,9 m lank. Hy het blou oë en baie kort bruin hare.
Uitkenbare merke is tatoes op die agterkant van sy nek.
Met sy verdwyning was hy in ‘n swart denimbroek, wit hoodie en ‘n bruin baadjie geklee.
Enigiemand wat weet waar hy hom bevind, kan met die volgende persone in verbinding tree:
Konst. Andres – Stellenbosch-SAPD – 082 522 1912 of 08600 10111
Pink Ladies-organisasie – 072 214 7439 of 083 378 4882
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



