Bobby is terug – met ‘n nuwe treffer!

Deel hierdie storie / Share this story

Die liefling van musiek, Bobby van Jaarsveld, is terug!

Nadat Van Jaarsveld (36) vir ‘n geruime tyd nie op die verhoog te sien was nie, is hy terug met ‘n nuwe liedjie, Toe en Nou, wat gaan oor hom en sy vrou, Annatjie, wat saam is sedert hulle albei 17 was.

Die egpaar is in 2011 getroud en het drie kinders, Sion, Lieben en Armani.

Van Jaarsveld het glo gesondheidsprobleme begin ervaar as gevolg van sy druk program met optredes en ‘n blaaskans van die musiekbedryf geneem, maar nou is hy met mening terug.

Sy nuutste treffer sal op 28 Julie beskikbaar wees.