Appel se dogtertjie verwelkom hom terug in SA

Deel hierdie storie / Share this story

Die sanger, Appel, se dogtertjie, Luna-Bella, het hom Dinsdagoggend in ‘n dinosaurus-pakkie op die lughawe verras met sy terugkoms vanaf oorsee.

Appel het saam met Ricus Nel en Bok van Blerk in Nieu-Seeland en Australië getoer waar hulle ses uitverkoopte vertonings in die twee lande gehad het.

Dié toer, Afrikaans is lekker Wêreldwyd, is in samewerking met AfriForum se AfriForum Wêreldwyd-projek aangebied om bande met ons mense oorsee te versterk.