Verdagte gesoek wat glo 15-jarige verkrag

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie op Kagisho in die Noord-Kaap is op soek na die verdagte in ‘n saamgestelde identikit nadat ‘n 15-jarige meisie omstreeks 22:30 op 1 Julie, verkrag is terwyl sy saam met haar vriende in Lesegostraat, Ipopeng onderweg was huis toe.

Lt.kol. Sergio Kock sê terwyl hulle gestap het , isp hulle na bewering deur drie onbekende mans met messe oorval.

Die tiener is glo deur twee van die verdagtes gevang en deur een verkrag terwyl nog een haar vasgedruk het.

Enigiemand met inligting van die insident of waar die persoon op die identikit hom bevind, kan met konst. Mamaula, die ondersoekbeampte van Galeshewe GKS, by 083 369 3589 kontak gemaak word.

Alternatiewelik kan ‘n anonieme SMS na 32211, Stop Misdaad by 08600 10111 gekontak word of van die MySAPS-toepassing gebruik gemaak word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel