Twee huise aan die brand gesteek in Mphephu

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Man in hegtenis vir besit van perlemoen

Twee huise is Saterdag in Mphephu Limpopo aan die brand gesteek deur die gemeenskap wat die inwoners van heksery beskuldig het.

Die polisie is deur die gemeenskapshof gebel na die gemeenskap gekla het oor ’n familie wat glo besig is met heksery. Hulle het die vrou se huis bestorm en “moeti” gesoek. Hulle het daarna haar huis aan die brand gesteek en toe na haar seun se huis gegaan en dit ook aan die brand gesteek.

Die polisie ondersoek twee sake van brandstigting en het die slagoffers en hulle families vir hulp en berading weggeneem.

Bronne: SAPS

Lees ook: Man in hegtenis vir besit van perlemoen