Man in hegtenis vir besit van perlemoen

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Winkeleienaar in hegtenis vir vermeende verkragting van meisie (13)

’n Man (50) is gister in hegtenis geneem tydens ’n stop-en-soek-operasie op die N1 by Trompsburg.

Die man het die polisie geïgnoreer toe hulle hom wou voorkeer en het weggejaag. Die polisie het hom tot op Edenburg gejaag waar hy stilgehou het en verder te voet gevlug het. Hy is gevang en in hegtenis geneem. Die polisie het perlemoen ter waarde van R2 miljoen in sy kar gekry.

Hy is in hegtenis geneem op aanklagtes van die besit van perlemoen, roekelose bestuur en die feit dat hy nie die polisie se instruksies gehoorsaam het nie.

Bronne: SAPS

Lees ook: Winkeleienaar in hegtenis vir vermeende verkragting van meisie (13)