Lees ook: Twee huise aan die brand gesteek in Mphephu
’n Hino-trok is glo Saterdag by ’n konstruksieterrein by Lady Grey gesteel.
Die polisie is gekontak. Hulle het die opsporingsmaatskappy geskakel en uitgevind die trok is op pad Barkly-Oos toe.
Die voortsnellende trok is gekry en deur ’n span polisielede gestop. Een manlike verdagte het uit die trok gespring en weggehardloop.
Die polisie ondersoek die diefstal. Die verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie.
Bronne: SAPS



