La Rochelle Pretorius, geliefde matrikulant, van HTS Witbank in Emalahleni, Mpumpalanga, is Saterdag oorlede.
Die skool het haar afsterwe op hul sosiale media aangekondig.
Boodskappe van medelye, selfs van Hoërskool Generaal Hertzog, onderwyspersoneel en vriende stroom vir La Rochelle wat ook as Lalla bekendgestaan het, in.
Willie Pretorius, La Rochelle se pa, het die hartverskeurende boodskap vir sy dogter op sosiale media gedeel: “My liefste dogter. Dad voel so alleen. Die liewe Vader in die hemel het jou net vir ‘n kort rukkie geleen en vroeg Saterdag kom haal. Dit is seer in my hart maar dad weet jy is in ‘n beter plek. Ek gaan jou vir altyd mis. Jy was ‘n groot ondersteuning in my lewe en jy het net vreugde gebring. Jy was so pragtig en het altyd mense laat beter voel. Jy was passievol met alles in die lewe. Jy sal altyd in my hart wees en in gedagtes. Lief jou vir altyd my mooiste dogter.”
La Rochelle was veelsydig en die eienaar van La Rochelle Pretorius Photography en ‘n perderuiter wat deel van die Mpumalanga- provinsiale span was.
Lees die skool se plasing hier onder:
RUS IN VREDE LIEFSTE LA ROCHELLE… ![]()
![]()
![]()
Dit is met groot hartseer en swaar harte dat ons verneem het van die afsterwe van een van ons geliefde matrikulante, La Rochelle Pretorius.
La Rochelle was vreeslik geliefd deur haar familie, onderwysers en vriende. ‘n Jong dame wat op elke gebied hard gewerk het en baie goed presteer het.
Liefste La Rochelle, jy sal altyd onthou word vir die pragtige siel wat jy was…’n sonstraal wat enige vetrek kon ophelder met jou kenmerkende glimlag en borrelende persoonlikheid, ons gaan jou bitter baie mis.
Ons harte en gebede gaan uit na La Rochelle se ouers, sibbes, vriende en familie, mag Abba Vader julle vertroos en versterk in hierdie moeilike tyd.
Rus sag by Jesus se voete ons geliefde, jou plekkie is leeg…
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



