Tien huise in brand in KZN vernietig

Deel hierdie storie / Share this story

Tien wonings is Maandagoggend in ‘n brand in ‘n informele nedersetting in Canelands, KZN, vernietig.

Volgens Reaction Unit South Africa (Rusa) het inwoners beamptes omstreeks 11:40 van die brande in kennis gestell. Op die toneel is verskeie wonings wat van yster en/of hout gemaak is, aan die brand gevind.

Meeste van die wonings was gesluit.

Beamptes moes spesiale toerusting gebruik om toegang tot die wonings te verkry om van die inhoud uit te haal.

Water is gebruik om die brand te plus.

Onwettige elektrisiteitsverbindings is vermoedelik die rede vir die brande, maar is nog nie bevestig nie.