Passasier beseer toe vragmotor en wa omslaan

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vragmotor wat kunsmis vervoer het Sondagoggend by die R102-en-Kissoonstraat-interseksie omgeslaan.

Verbygaande motoriste het die ongeluk omstreeks 15:15 aan Reaction Unit SA (Rusa) gerapporteer. Beamptes is na die toneel ontbied en het ‘n vragmotor en wa op sy sy aangetref.

‘n Pasassier het ligte beserings opgedoen en is op die toneel behandel.