Man in Hlaneki doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Man in hegtenis vir besit van perlemoen

’n Man (36) is Saterdag op die pad wat na die Hlaneki-myn lei, doodgeskiet.

Die man het glo in sy blou Toyota-bakkie met twee passasiers gery om vuurmaakhout te gaan oplaai toe ’n groep verdagtes skielik verskyn en skote op die bakkie afvuur. Die verdagtes het toe in ’n blou Toyota Corolla gevlug. Die bestuurder is dood, maar die passasiers is nie gewond nie.

Die polisie is besig om die saak te ondersoek, maar die rede vir die moord en aanval is onbekend.

Bronne: SAPS

Lees ook: Man in hegtenis vir besit van perlemoen