Steve Hofmeyr het vanoggend in sy weeklikse video-boodskap verskeie onderwerpe aangeraak – van “ligte” sake tot gebeure in die vermaaklikheidswêreld wat kontroversie ontlok. Dit sluit die Jason Aldean-lied en Sound of Freedom in, ‘n internasionale film wat op die waarheid gebaseer is, wat hy as briljant beskryf.
Steve raak aan die Laura Dickason-saak, die Johannesburgse gasontploffing, inflasie, Poetin en Brics, asook Jacob Zuma en Julius Malema.
Sy boodskap oor Jacob Zuma, wat in Rusland wegkruip, is: “Hy beter daar wegkruip, ons wag vir hom.”
En dan raak Steve ook aan die onderwerp waarom alternatiewe nuusbronne so vinnig ander nuus oorgeneem het. Hy verwys na die berig van 2008 dat sy loopbaan kwansuis tot stilstand sou kom.
Steve beskryf Julius Malema in hierdie video as ‘n “knettergek” wat “barbaars” geraak het toe hy met diere te doen gehad het en gebruik die Ghandi-voorspelling: “Wat mense aan diere doen, sal hulle aan mense doen.” Steve sê vir Malema: “Jou siel is klein en jou boosheid is oordonderend.” Verder beskryf Steve hom as ‘n “mediamaaksel”.
Kyk na die volledige video hier bo.
‘Welkom op Internasionale NIGGIE & NEFIE-DAG asook INTERNASIONALE TEQUILA-DAG. Ek praat vanoggend oor hoofstroomvermaak, oor Hollywood, oor 7de Laan, oor Egoli, ek praat oor Jason Aldean se (kastig) omstrede lied, en ek praat oor Julius Malema, oor LGBTQIA+, oor die naweek se konserte, oor Orania en oor hoekom ek nog nie die politiek betree het nie.
*
“MY VLIEGTUIG WAG. Ek land môre in Windhoek. Ek kom vir ‘n bietjie hitte in Windhoek, Swakopmund en Tsumeb.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



