Twee mans is Saterdagmiddag omstreeks 13:30 in hegtenis geneem op aanklagte van dwelmhandel nadat die polisie glo dwelms ter waarde van R4,5 miljoen in hulle besit gevind het.
Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die polisie het inligting ontvang oor ‘n “verdagte” silwer Hyundai wat by ‘n perseel in Stikland in Bellville was.
Die polisie het die motor deursoek en op 60 sakke wat elk ongeveer 1 000 Mandrax-tablette (90 kg) bevat, afgekom.
Die dwelms is gekonfiskeer en die verdagtes sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.



