Man dood toe sy vragmotor hom vasdruk

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vragmotorbestuurder (47) is vanmiddag Vrydag 21 Julie 2023 dood nadat hy te Phaphamalaan in Newton B, Inanda in KwaZulu-Natal deur sy vragmotor verbrysel is.

Reaction Unit South Africa was op die toneel waar die liggaam van die oorledene onder die agterwiele van ‘n sementmenger agter op ‘n Mercedes-Benz-vragmotor vasgekeer was.

Volgens getuies het die oorledene agter die geparkeerde vragmotor op ‘n steil oprit gestaan. Hy was besig om beton af te laai toe die voertuig begin rol.

Die oorledene het die vragmotor probeer stop, maar het onder die wiele beland waar hy vasgekeer was toe die voertuig bo-op hom tot stilstand kom.

Pogings om hom te bevry, was steeds Vrydagaand omstreeks 21:20 aan die gang.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel