
Kevin Jansen van Vuuren ‘n gr. 12-leerder van Rustenburg en een van ‘n tweeling, was op 12 Mei 2023 in ‘n ernstige motorongeluk betrokke.
FiND iT het voorheen berig dat die ongeluk volgens Hoërskool Rustenburg op die betrokke Vrydagaand op die N4 plaasgevind het.
Hy was in George Mukhari-hospitaal behandel en is op 15 Junie na ‘n rehabilitasiesentrum verskuif waar sy vordering as goed bestempel word.
Kevin is egter steeds in ‘n koma en alhoewel van sy frakture genees het, het hy steeds ernstige breinbeserings.
Gebed is vir vandag Vrydag 21 Julie 2023 om 14:00 vir Kevin asook sy familie versoek en mense vandag vir Kevin sal blou dra.
Bronne: Skolerugby SA en Prestige Jeugsport Noord – Wes.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



