Bestuurder langs voertuig met pap band gevind

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Voertuigbestuurder is Woensdag 19 Julie 2023 op die N2 Tugela-brug in KwaZulu-Natal dood langs sy voertuig gevind.

IPSS Medical Rescue en IPSS Security Tactical se spanne het na die oproep om hulp reageer na die voertuigbestuurder met ‘n pap band langs die pad gaan staan en sy werkskollegas vir hulp ontbied het.

Met hul aankoms is hy leweloos langs die voertuig gevind.

Tydens ondersoek is gevind dat hy ‘n noodlottige skietwond opgedoen het en hy is op die toneel dood verklaar.

Die skietinsident word deur die SAPD ondersoek.

Motoriste wat snags probleme met voertuie op die N2 ondervind word versoek om dadelik vir hulp kontak te maak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel