Stefan en Norbert van die Voetspore-span was die naweek in ‘n ongeluk in Colombia, betrokke.
Dit was die eerste ernstige ongeluk vir hierdie span, wat met die 23ste reeks van die gewilde televisieprogram besig was.
Alhoewel die Voetspore-span geen beserings opgedoen het nie, is die insittendes van die ander voertuig met ernstige beserings in ‘n hospitaal opgeneem.
Lees die volledige plasing wat twee dae gelede op Voetspore se sosialemediablad gemaak is hier onder:
Die afgelope naweek, vir die eerste keer in 23 Voetspore reise, was een van ons voertuie betokke in n ernstige motorongeluk. ‘n Colombiaan het om ‘n draai beheer oor sy voertuig verloor en was in ‘n botsing reg van voor met Stefan en Norbert se Cruiser betrokke. Nie Stefan of Norbert is beseer nie. Die insittendes van die ander voertuig is gehospitaliseer met ernstige beserings. Dis een van die vernaamste redes waarom ons Cuisers ry. Ons probeer so veilig moontlik wees, maar het nie beheer oor ander se optrede nie. (Kyk na die foto’s om die verskil tussen die twee voertuie te sien!)
Die ongeluk het gebeur 5 km vanaf ons kampplek, twee weke voor die einde van die reis.
Toyota Colombia en Toyota SA gee reeds uitstekende bystand, alhoewel dit baie kort kennisgewing is om nou ‘n leen voertuig beskikbaar te stel. Moontlik maak ons die reis klaar met twee Cruisers en ‘n rental ![]()
Bly julle almal veilig op die pad. Mooi loop…
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



