‘n Vrou het Woensdagmiddag haar 55-jarige man in ‘n plas bloed by hul huis in Belvedere, KZN, aangetref.
Reaction Unit South Africa (Rusa) in Tongaat het omstreeks 17:03 ‘n oproep om bystand ontvang. Met hul aankoms is reaksiebeamptes in kennis gestel dat paramedici van ‘n privaat ambulansdiens die man dood verklaar het.
Daar is vasgestel dat die vrou, na sy in die badkamer was, haar man in ‘n plas bloed op die vloer van hul slaapkamer ontdek het. ’n Kombuismes is naby sy liggaam gevind. Die oorledene het ‘n snywond aan sy regterarm en ‘n steekwond aan sy bors gehad. Dit kon nie bevestig word of die besering self toegedien is nie.
Ondersoeke is aan die gang.



