Ma en seun (8) vermis

Deel hierdie storie / Share this story

Die publiek se samewerking word gevra om die 29-jarige Nsthepeng Mohlohlo en haar 8-jarige seun Awande Ndlovu op te spoor.

Reaction Unit South Africa (Rusa) het ‘n oproep van Mohlohlo se lewensmaat ontvang wat hulp versoek het om sy meisie en hul seun op te spoor. Volgens die man het Mohlohlo Saterdag omstreeks 03:00 hul woning saam met hul seun verlaat. Hulle sou na KZN reis om familie te besoek, maar is nie sedertdien gesien nie. Mohlohlo se selfoon is afgeskakel en pogings om haar te kontak, was tot dusver onsuksesvol.

Indien enigiemand inligting oor die ma en kind het, kontak Rusa by 086 1234 333.