Vyf onbekende gewapende verdagtes het Dinsdag 18 Julie 2023 omstreeks 10:50 die eienaar van ‘n juwelierswinkel in ‘n inkopiesentrum in Kimberley, Noord-Kaap beroof.
Sers. Molefi Shemane sê die verdagtes, wat in swart geklee was, het glo juweliersware van ‘n onbekende bedrag geeïs.
Geen beserings is tydens die voorval opgedoen nie en die verdagtes, wat glo in ‘n Toyota Etios van die toneel gevlug het, word deur die polisie gesoek.
Die publiek word gemaan om nie die verdagtes, wat as gewapen en gevaarlik bestempel word, te nader nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



