Man dood na ‘argument met drinkebroer’

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man (30) is Dinsdag 18 Julie 2023, twee dae nadat hy tydens ‘n “argument met ‘n drinkebroer” beserings opgedoen het, in Redcliffe KwaZulu-Natal in ‘n informele nedersetting van Oakfordpad, oorlede.

Reaction Unit South Africa het omstreeks 14:06 ‘n oproep van Verulam-SAPD ontvang om ‘n doodsverklaring te doen.

Met aankoms is die man se liggaam in sy bed in ‘n huis waar hy gelê het, gevind.

Hy het geen tekens van lewe getoon nie en is dood verklaar.

Volgens sy familielede was hy Sondag in ‘n vuisgeveg betrokke.

Hy het glo mediese hulp by ‘n plaaslike hospitaal ontvang en is ontslaan, waarna hy twee dae in die bed deurgebring het. Toe hy nie wou wakker word nie, het sy familie onraad vermoed en gevind hy reageer nie.

Die verdagte wat met die oorledene in die geveg betrokke was, is bekend aan die owerhede en word gesoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.