Lees ook: Seun (7) verdrink in dam, broer probeer hom red
‘n Meisie (4) is oorlede na sy Maandag in Canelands, Verulam deur ‘n onwettige elektrisiteitsaansluiting geskok is.
Fazira Aina is oorlede na sy aan ‘n onwettige elektrisiteitsaansluiting gevat het toe sy by haar oom gekuier het. Fazira het glo aan ‘n onwettige elektrisiteitsaansluiting gevat terwyl haar oom besig was om sy deur te sluit voor hy haar sou huis toe neem.
Haar oom en sy werkgewer kon die verbinding breek en het haar na die Osindisweni-staatshospitaal geneem waar sy oorlede verklaar is.
Bronne: IOL, Briefly, TimesLIVE, The Citizen



